Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Anonymous (Afrikaans: Anoniem) is 'n gedesentraliseerde internasionale kuberaktivistiese / kuberkraker kollektief / beweging wat algemeen bekend is vir sy verskillende kuberaanvalle teen onder andere verskeie regerings, regeringsinstellings, korporasies en die Kerk van Sciëntologie. Anonymous het in 2003 ontstaan op die bulletin-/beeldbordwebwerf 4chan, wat die konsep van baie aanlyn- en aflyngemeenskapsgebruikers verteenwoordig wat terselfdertyd bestaan as 'n "anargistiese, gedigitaliseerde wêreldbrein". Anonymous ondersteuners (bekend as Anons) kan in die openbaar onderskei word deur die dra van Guy Fawkes-maskers in die styl wat in die grafiese roman en die rolprent V for Vendetta uitgebeeld word. Dit kan egter nie altyd die geval wees nie, aangesien sommige van die kollektief verkies om eerder hul gesig te bedek sonder om die bekende masker as vermomming te gebruik. Sommige mense kies ook om hul stemme deur middel van stemveranderers of teks-tot-spraak-programme te verberg. In sy vroeë vorm is die konsep aangeneem deur 'n gedesentraliseerde aanlyngemeenskap wat anoniem op 'n gekoördineerde manier optree, meestal na 'n los self-ooreengekome doel en hoofsaaklik gefokus op vermaak (of lulz). Begin met Projek Chanology in 2008 – 'n reeks protesoptredes, poetse en kuberkraakaktiwiteite wat die Kerk van Sciëntologie teiken – word die Anoniem-kollektief toenemend geassosieer met samewerkende kuberaktivisme oor 'n aantal internasionale sake. Individue wat beweer dat hulle hulself met Anonymous identifiseer, het betogings en ander aksies onderneem (insluitend direkte optrede) in vergelding teen outeursregtelike gefokuste veldtogte deur rolprentmaatskappye en industrie belangeorganisasies. Latere teikens van Anonymous se kuberaktivisme het regeringsagentskappe van die Verenigde State, Israel, Tunisië, Oeganda en ander ingesluit; die Islamitiese Staat van Irak en die Levant; webwerwe vir kinderpornografie; agentskappe vir die beskerming van outeursreg; die Westboro Baptist Church; en korporasies soos PayPal, MasterCard, Visa en Sony. Anons het WikiLeaks en die Occupy-beweging in die openbaar ondersteun. Verwante groepe LulzSec en Operation AntiSec het kuberaanvalle op Amerikaanse regeringsagentskappe, media, videospeletjiesondernemings, militêre kontrakteurs, militêre personeel en polisiebeamptes uitgevoer, wat gelei het tot die aandag van wetstoepassing op die groep se aktiwiteite. Tientalle mense is in hegtenis geneem weens betrokkenheid by Anonymous se kuberaanvalle in lande soos die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk, Australië, Nederland, Spanje, Indië en Turkye. Evaluasies van die groep se optrede en effektiwiteit wissel baie. Ondersteuners het die groep 'vryheidsvegters' en die digitale Robin Hoods genoem, terwyl kritici hulle as 'n "kuber-lynchgroep" of "kuberterroriste" beskryf. In 2012 noem Time Anonymous een van die "100 invloedrykste mense ter wêreld". Anonymous se mediaprofiel het oor die laaste paar jaar verminder, maar die groep het in 2020 weer na vore getree om die George Floyd-betogings te ondersteun.
In die nuus
Het u geweet...
...dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is. ...dat water nie altyd by 100° Celsius kook nie? Hoe hoër bo seevlak 'n persoon is, hoe laer die kookpunt. ...dat daar sowat 350 000 Han-Chinese in Suid-Afrika woon? Die meeste van hulle is in Johannesburg en praat Chinese tale soos Mandaryns en Hakka. ...dat die Kanariese Eilande na honde vernoem is? Die oorspronklike Latynse naam, Insularia Canaria, beteken "Eiland van die honde". ...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan 'n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.
Vandag in die geskiedenis
4 Junie: Trianon-verdrag-dag in Roemenië (1920).
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|